Top vermaak by jaarlikse Skou
THABAZIMBI – Net sodra die stof gaan lê na die Wildsfees, begin die bemarking en finale afrondingswerk aan die skouterrein vir die jaarlikse Landbou en Nywerheidskou.
Die skoukantoor het vanjaar se top vermaak bevestig: Giovanni sal op Donderdagaand 25 Julie saam met Mej Thabazimbi op die verhoog gesien word terwyl Nadine die koue gaan verdryf met ‘n vuurwarm vertoning op Vrydagaand. Jakkie Louw en Riaan van Rensburg met hulle BlouBul vertoning sluit op Saterdag 27 Julie die skounaweek af. Tussendeur sal Armand, die singende Cowboy ook te siene wees.
Besoek gerus Thabazimbi Skou se facebookblad om vee inskrywings of aansoek om uitstalruimte te bekom, of skakel die skoukantoor 0147771204.
Die finale groep kunstenaars wat vanjaar tydens die Thabazimbi Landbou en Nywerheidskou te siene sal wees: Giovanni, Nadine, Jakkie Louw, Riaan van Rensburg en Armand, die singende cowboy. Foto: Paul Dreyer.