Top 10 vir Robert

RUSTENBURG – Robert Joubert, ‘n Graad 8 leerling van HFM het die afgelope naweek deelgeneem aan die Modelcup Mr and Miss Youth SA kompetisie. Die kompetisie is by die ATKV Buffelspoort Oord, naby Rustenburg, gehou.

Robert, van Pascall Exclusive Models, is aangekondig as die wenner in sy ouderdomskategorie  en het ook onder die Top 10 algeheel vir Pageant geëindig.

Hy sal eers weer in Oktober deelneem aan die volgende kompetisie.

25-Robert

Robert Joubert wen ouderdomskategorie by Modelcup se Mr and Miss Youth SA kompetisie.