Community

TBZ Verkeersbeamptes

Ons lesers skryf:

Dankie aan die persoon wat verlede week geskryf het oor die korrupte verkeersbeampte in Thabazimbi. Ek dink ons almal het ons vermoede wie dit is. Maar hierdie brief gaan nie oor sy ondade nie. Ek wil eerder die ander “goeie” verkeersbeamptes uitlig. Die verkeersbeamptes wat smiddae om “spitsverkeer” ons lewens vergemaklik by Total se drierigtingstop, die verkeersbeampte wat my nou die dag op ‘n waarskuwing laat gaan het toe ek nie my lisensie by my gehad het nie en dié wat altyd beskikbaar is by ongelukstonele. Hulle is ons ware helde van die dorp en ek gee hiermee dank aan hulle vir hul onkorrupte, harde werk om ons almal veilig te hou.

Spietkop-fan