Soritzy’s maak matriekdogters mooi

THABAZIMBI – Sorizty’s Day Spa, onder leiding van Sorika van Zyl, het ‘n kompetisie geloods vir matriekdogters.

Elf gelukkige matriekdogters het verskillende pryse gewen wat verrassings ingesluit het soos gesigbehandelings, masserings, grimeersessies, sonbedsessies en ook matriekafskeidrokke en -skoene. Hoërskool Frikkie Meyer bedank Sorizty Day Spa vir hulle positiewe gesindheid teenoor die skool.

25-HFM Spa

Voor vlnr: Betty Sethaiso, Suné van Tonder en Lize Badenhorst. Tweedery: Sorika Van Zyl (eienaar van Sorizty’s), Davondré Van Vuuren en Lize Grunflingh. Derdery: Charlene Lewis, Jasmin Michell en Alta Grotsius. Agter: Riëtte Steenekamp, Joanie Van Staden, Elzani Nieman en Mavis Venter. Foto: Annabelle Tromp.