Community

Komberse-projek

THABAZIMBI – ‘n Plaaslike sakevrou dryf hierdie winter ‘n wonderlike gemeenskapsprojek wat daartoe wil bydrae dat minder mense koud gaan slaap.

Ané Sauermann van Arora Eiendomme is aan die stuur van ‘n kombers-projek wat verlede maand geloods is met die doel om vanuit die gemeenskap soveel moontlik komberse in te samel om dit aan dié te gee wat minder het.

Enigiemand wat ‘n kombers wil skenk, hetsy ‘n selfgebreide-, baba-, of gehekelde kombers, kan dit aflaai by Arora Eiendomme te Vanderbijlstraat.