Geen vervoer na Hoërskool Rooiberg
Ons lesers skryf:
My kinders moet loseer by kennisse in Rooiberg, want die vervoerdiens wat hulle altyd van Laerskool Leeupoort tot Hoërskool Rooiberg geneem het, is opgeskort.
Volgens die hoof van die skool was dit eers as gevolg van die busdiensstaking, daarna het dit weer aan die lig gekom dat die busdiens nie vir hul dienste vergoed word nie.
Ek is al raadop, dit is nie lekker om alewig in ander mense se oë te kyk om my kinders te huisves sodat hulle opvoeding kan kry nie. Ons kan weens omstandighede hulle ook nie in HFM se koshuise plaas nie. Daar is kinders in hierdie omgewing wat juis om hierdie rede nog nie eenkeer hierdie jaar by die skool was nie.
Dit is ongehoord en die busdiens en skool moet hulle hieroor skaam.
Ouer van twee skoliere
(DA-Raadslid Bertie Joubert het gesê dat hulle die saak verder gaan neem. Hou Kwêvoël dop vir uitsluitsel.)