Derde Tjokker Gholfdag reuse sukses
AMANDELBULT – Die derde jaarlikse Tjokkerskool Gholfdag is op Saterdag 25 Mei te Amandelbult Gholfklub aangebied.
Vyf en vyftig spelers het aan die gholfdag deelgeneem waarvan die formaat gholfers sowel as nie-gholfsers geakkommodeer het.
Die dag, wat as fondsinsamelingsdag vir die Tjokkerskool gedien het, is deur vriende, familie en die jongspan geniet.
‘n Groot dank word uitgespreek teenoor al die borge wat weereens bygestaan het om hierdie dag ‘n sukses te maak. Twee en vyftig spelers het pryse ontvang.
Foto’s en inligting verskaf deur: Tom Low.
Doppies Potgieter, Magda, Tallies en Quinton Sadler (wenners).