Blou Bul Cravenweekspan
Daniel Rankhota, ‘n graad 7 leerling van Laerskool Platina, is gekies vir die o/13 Limpopo Blou Bulle Cravenweekspan. Die span is tans besig met ‘n oefenkamp by Forever Resorts Warmbad se boskamp. Hulle is hard besig met voorbereiding vir die o/13 Cravenweek wat op Bela-Bela plaasvind vanaf Sondag 23 Junie tot Vrydag 28 Junie. Dié trotse skool wens Daniel geluk met sy pragtige prestasie.