Reuse spruitskoonmaak-aksie
Thabazimbiërs het verlede Vrydag, 7 Junie hul moue opgerol in ‘n reuse gemeenskapspoging om die Rooikuilspruit skoon te maak. Dit het gevolg nadat verskeie sakelui kragte saamgesnoer het om toerusting en mannekrag vir die skoonmaakaksie beskikbaar te stel. Thabazimbi teen dwelms, ‘n inisiatief deur Exanten, wat die dryfkrag agter die aksie was, het ten doel om die “donker hoekies” van Thaba te verdryf, in die stryd teen dwelms.