UPM by Roodekoppies

ROODEKOPPIES – Die UPM Hengelklub het op die 19 Mei hul Mei-maand kompetisie by Roodekoppies Noord-Wes Gronde aangebied.

Weereens het Roodekoppies nie sommer sy vis gegee nie. Vanuit die 17 hengelaars  het slegs vyf hengelaars se katrolle gehardloop. Heinrich Goosen se katrolle het die 18de en 19de gehardloop.

Desnieteenstaande het al die hengelaars die dag geniet. Hul volgende Hengelklubkompetisie is op 23 Junie by Northam Plat Concentrator.

Die uitslae is as volg: Hendrik de Meyer het twee visse gevang sy gewig was 3.320kg en 3.340kg, Theuns Goosen een vis gevang gewig 2.570kg, Flip Steenkamp het een vis gevang sy gewig 2.860kg, Corrie Streak het een vis gevang sy gewig 2.360kg en Heinrich Goosen het een vis gevang met ‘n gewig van 2.300kg.

Die klub wens elke een geluk met hul vangste en bedank almal wat deelgeneem het. Navrae kan gerig word aan die voorsitter, Theuns Goosen 083 292 1878.

 24-UPM Hengel

Corrie Streak, Flip Steenkamp, Hendrik de Meyer, Theuns Goosen en Heinrich Goosen tydens die Meimaand UPM Klubkompetisie.