R2M vir TBZ wildveiling
THABAZIMBI – Thabazimbi Wildlife Services het op 31 Mei, gedurende die Wildsfees, ‘n wildveiling te Thabazimbi Skougronde aangebied.
Die gemiddelde prys per dier was as volg: blesbok (28) R1682, blouwildebees (63) R2459, eland (28+1) R5527, hartwater springbok (6) R8000, kameelperd (6) R14667, koedoes (44+1) R3114, njalas (14) R7764, rooibokke (104) R1263, rooihartbees (14) R4800, sebras (5) R4900, volstruis (20) R1710, waterbok (12) R4325, hartwater springbok (5) R8450 en goue wildebeesbul + 3 splitgene vroulike diere teen R500 000.
Die manlike diere het die volgende gemiddelde pryse behaal: blesbok (19) R2000, blouwildebeeste (18) R3700, een jong eland R4800, jong gemsbokke (9) R6600, volwasse koedoe (4) R14925, jong koedoe (3) R5533, Livingstone elande (2) R21000, njalas (2) R12000, volwasse rooibok R2000, rooihartbeeste (5) R5500, volwasse swartwitpens (6) R24833, volwasse waterbokke (2) R9500, jong wildebees splitgene (6) R3167 en split wildebees met goue gene R35000.
Niel Swart van Vleissentraal Bosveld was die afslaer.
Die omset was R 2,110,200.