Potte kook by Barneys

SETARIA – Die personeel, kleuters en ouers betrokke by Barney Kleuterskool op Setaria het Vrydag 7 Junie 2013 ‘n gesellige potjiekoskompetisie, as deel van ‘n fondsinsameling gehou.

Sewe deurwinterde potkokers het mekaar die stryd aangesê, maar slegs die heel lekkerste potte kon eerste-, tweede- en derdeplek verower. Die potte was bobotie, skaapskenkel, bees, hoender, beesstert, vark en wild.

Die beoordelaars, Jandre van den Heever en Louw de Beer, moes die moeilike besluit maak en die wenners was: M. Wagenaar (eersteplek), E. en M.J. Cornelius (tweedeplek) en L.H. Jordaan (derdeplek).

Barneys wens die wenners geluk met hul oorwinning en bedank almal wat hul ondersteun het deur etekaartjies vir die potjies te koop.

24-Barney 1ste plek

Die eersteplek is deur M. Wagenaar verower. Saam met hom op die foto is R. van Deventer en D. Wagenaar.