Community

Lien se Lankstaanskoene by KunsteGrot

THABAZIMBI – Die eerste filmvertoning wat in die SPAR Super KunsteGrot aangebied gaan word, vind Vrydagaand, 21 Junie  om 18:30 plaas.

Lien se Lankstaanskoene is ‘n film gebaseer op die boek Lien se lankstaanskoene, waarvoor Derick van der Walt die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (Goud) verower het.

Lien is die oudste kind in ‘n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot brandarm verander het. Die besorgheid van ‘n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.

Kaartjies beloop R50 per volwassene en R40 per kind. Kontak Rita by 083 744 8559 of rivol@telkomsa.net vir besprekings.

24-lien

Die film, Lien se lankstaanskoene word by die SPAR Super KunsteGrot vertoon.