Swartklip groet Herderspaar
SWARTKLIP – Die gemeente van Evangelies-Gereformeerde Kerk neem op Sondag 23 Junie van hul geliefde herderspaar, Ds Willie en mev Marike Olivier afskeid.
Dominee Olivier het op 11 Junie ‘n Akte van Demissie van Swartklip gemeente ontvang. Hy is na Kempton Park se gemeente georden.
Dit is met groot hartseer dat die gemeenskap, na slegs drie jaar, afskeid neem van ‘n fenomenale herderspaar. Gedurende die tyd wat hulle by EG Swartklip betrokke was, het hierdie besonderse egpaar baie diep spore in die gemeente en gemeenskap se harte getrap. Hulle sal onthou word vir hul liefde en bereidwilligheid om ‘n verskil te maak in elkeen se lewe wat oor hulle pad gekom het.
In 2009 het hy hom by die kweekskool van die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika as predikant bekwaam. Hy is na Swartklip beroep waar hy sy vyfde jaar prakties gedoen het.
Ds. Olivier is op 15 Januarie 2011, as predikant van die Evangelies-Gereformeerde Kerk in die gemeente georden.
Ds. Willie sal wel nog twee preke waarneem en afsluit op 23 Junie 2013 af, waarna hulle na Kempton Park verhuis. Die gemeenskap bedank dié besonderse herderspaar vir hul harde werk. “Mag die Here julle seën in die toekoms en mag julle die hoogste hoogte bereik. Julle sal altyd ‘n spesiale plekkie in ons hart hê.”
Evangelies-Gemeente Kerk van Swartklip groet vandeesmaand hul leraar en sy gesin. Agter vlnr: Schalk Olivier en Wilmari Olivier. Voor: Ds Willie Olivier (leraar) en Marike Olivier (pastoriemoeder).