Weg met boelies
THABAZIMBI – Die SAVF het op 28 Mei die Gr 3 leerders van Laerskool Thabazimbi besoek om hulle oor die Kinderbeskermingsweek se tema, “Boelies” in te lig.
Die kragtige boodskap is op ‘n interessante wyse, deur middel van rolspel, aan die kinders oorgedra.
Die leerders bedank die tannies van die SAVF vir al die moeite wat hulle gedoen het op hierdie aktuele tema op ‘n leersame wyse oor te dra. Die SAVF het weer op hul beurt hul dank uitgespreek teenoor die maatjies wat nie-bederfbare kruideniersware, vir die talle honger magies in Thabazimbi se gemeenskap, geskenk het tydens hierdie geleentheid.
Kinderbeskermingsweek handhaaf vanjaar die tema “Geen Boelies” en die SAVF het ter bewusmaking van dié tema ‘n besoek aan L/s Thabazimbi afgelê.