UPM sukkel met vangs

ROODEKOPPIE – Die UPM Hengelklub het op 18 Mei hul April-maand kompetisie by Roodekoppie Noord-Wes Gronde aangebied.

Roodekoppies gee nie sommer sy vis nie en vanuit die 17 hengelaars het slegs vier hengelaars se katrolle gehardloop. Desnieteenstaande het al die hengelaars die dag geniet.

Die uitslae is as volg: Thys du Plessis vang een vis met ‘n gewig van 2.86kg, Johan de Wet het twee visse gevang met ‘n gewig van onderskeidelik 2.49kg en 3.03kg, Connie Buys se vis weeg 2.77kg terwyl Heinrich Goosen s’n 2.57kg swaar was.

Die klub wens die wenners geluk met hul vangste en bedank almal wat deelgeneem het.

23-Roodekoppie Hengel

Die wenners van die UPM se maandelikse hengelkompetisie, vlnr: Thys du Plessis, Heinrich Goosen, Connie Buys en Johan de Wet.