Tiener Zone opname by L/s Platina
SWARTKLIP – Die bekende kunstenaar, Anthonie Bougas, en sy TV-span het Vrydag 31 Mei Laerskool Platina besoek om opnames te maak vir die TV-program, Tiener Zone.
Hulle het die hele dag by die skool spandeer waarna hulle ‘n talentkompetisie verfilm het vir Bougas se TV-program, wat later vanjaar uitgesaai sal word.
Lindsay Nigrini, ‘n leerder van Hoërskool Frikkie Meyer en Jandré Swanepoel, ‘n leerder van Hoërskool Wagpos, saam met Anthonie Bougas.
Albei leerders is oudleerlinge van L/s Platina en is gekies om aan die finale rondte van Tiener Zone se solo-sangkompetisie oor twee weke in Johannesburg deel te neem.
Die kompetisie vind plaas tydens ‘n groot glansgeleentheid waar al die finaliste oor die land sal deelneem. Die prysgeld behels ‘n CD-kontrak ter waarde van R72 000. Die skool wens hul oudleerlinge baie geluk met die prestasie en wens hul voorspoed toe met die kompetisie.
Jandré Swanepoel, Anthonie Bougas en Lindsay Nigrini tydens die opname van die sangtalentkompetisie by L/s Platina.