SAVF by konferensie
THABAZIMBI – SAVF Thabazimbi het op 23 Mei 2013 die 15de jaarlikse konferensie in Polokwane bygewoon. By die geleentheid was ‘n gasspreker wat oor die onderwerp ?same difference? gepraat het. Die tema vir die geleentheid was Afrika-dag en almal moes iets aantrek wat die tema uitbeeld. Gedurende die geleentheid is daar erkenning gegee aan vrywilligers wat ‘n geruime tyd by die SAVF betrokke is.
Tannie Marthie Theron het erkenning gekry vir 20-jaar diens, as vrywilliger, terwyl Rachel Rossouw ‘n sertifikaat ontvang het vir die dekade wat sy by di‚ liefdadigheidsorganisasie betrokke is. Na die verrigtinge is daar eg tradisionele Afrikakos bedien, naamlik hoenderpote, mopaniewurms, skaapafval, marog, pap en verskeie souse. Volgens die Thabazimbi vrywilligers het als goed afgeloop…behalwe die mopaniewurms.
Tannie Marthie Theron ontvang haar sertifikaat vir 20-jaar as vrywilliger saam die toesighouer, dr B. Verster.