Nuwe rekord by bokafslagkompetisie
THABAZIMBI – Die jaarlikse boksafslagkompetisie wat by die Wildsfees deur Thaba SuperSpar aangebied word, het hierdie jaar ‘n nuwe rekord opgestel. Die wenspan het ‘n rooibok binne 9.6 sekondes afgeslag. Toeskouers het gereken dat dit ooglopend was dat dit nie Gerhard en Liezel se eerste rooibokafslagsessie was nie.
Die rooibokke is deur ‘n plaaslike wildboer, John Henry Keyser, geskenk, wat na afloop van die afslagkompetisie aan die gemeenskap opgeveil is. Die wins is aan die liefdadigheidsorganisie, Helpende Hande, geskenk. Helpende Hande spits hulle toe op die versorging van kankerpasiënte.
Helpende Hande se span, Penny en Adele, tydens die bokafslagkompetisie. Dewside Restaurant het die rooibok tydens die veiling opgeraap vir R975 om dit eersdaags as smaaklike wildspastei te bedien.