Community

Jong model maak skoonskip

POLOKWANE – ‘n Gr 8 leerling van HFM, Robert Joubert, het op 25 Mei aan die Modelcup Champion Limpopo kompetisie deelgeneem, wat plaasgevind het by die Pavilion Cafe in Polokwane.

Daar is ses afdelings waarin hulle moes deelneem waar die beoordelaars kyk na die volgende punte: “Ramp”, (“catwalk”, styl, tegniek en houding); “Pageant” (persoonlikheid); “Body” (“body tone” en “shape”); Fotografie (kyk na jou gesig en hoe jy vertoon); “Freeze” (verskillende “poses”mannekyn styl) en “Beat” (stap en dans op musiek).

Robert, van Pascal Exclusive Models, het eersteplek behaal in sy ouderdomsgroep Seuns 11-15 jaar. Hy was ook aangewys as een van die Top 10 algeheel vir die “Beat” kategorie.

Robert het gister, Donderdag 6 Junie, die Limpopo Provinsie verteenwoordig by die Mnr en Mej Jeug Suid-Afrika. Meer daaroor in ‘n volgende uitgawe.

23-Robert 2

Robert Joubert, ‘n Gr 8 leerling van HFM het eersteplek behaal in die Seuns 11-15 jaar kategorie tydens die Modelcup Champion Kompetisie in Polokwane.