Community

Heerlike broodjies by L/S Platina

SWARTKLIP – Die Solidariteit Helpende Hand Northam-tak het verlede week met hul broodjie projek by Laerskool Platina afgesluit.

Die kinders het dit voorwaar geniet om op ‘n koue wintersoggend iets in die maag te kry. Mnr Leon Nigrini, hoof van L/s Platina, het woord gehou en die kinders het help insamel aan blikkieskos en basiese benodighede aan die gemeenskap. Hierdie insameling is dadelik weer uitgedeel aan behoeftiges in die Thabazimbi omgewing. Laerskool Koedoeskop is Junie-maand aan die beurt, wanneer hulle met broodjies bederf gaan word.

Solidariteit Helpende Hand se Northam-tak bedank al die mammas wat hul harte en hande oopgemaak het. Die broodjies is deur Sujith van Choppies Northam in samewerking met Jenny Bauermeister, van Choppies geskenk. Hulle het ook hul dank uitgespreek aan Kwêvoël wat die berigte plaas sodat bewusmaking oor die projek gekweek kan word. Vir navrae kontak hul skakelbeampte, Jenny Streak by 084 9685 022.

22-Solidariteit

Jenny Streak (sekretaresse en skakelbeampte), Rene Laas (visevoorsitster en tesourier) en Juffrou Desiree van L/s Platina.