Comrades atlete bring 8 medaljes terug

THABAZIMBI – Die groep dames wat op Sondag 2 Junie aan die Comrades Marathon deelgeneem het, het teruggekeer met ‘n stewige agt medaljes.

Volgens Zanie van Rensburg, wat reeds 13 Comrades gehardloop het, was hierdie jaar besonder straf met temperature van diep in die dertig grade celsius en sterk winde wat die atlete moes aandurf.

Daar het 14450 atlete weggespring, maar slegs 10100 het die “strafste wedloop op aarde” voltooi. Die uitslae is: Zanie (9:11), Colette, Anneke, Maryl, Cindy en Michelle (10:55), Moksie (11:26) en Lenette (11:29). Jeniel van Thabazimbi Marathonklub het die wedloop voltooi met ‘n tyd van 11:45.

23-com 004

Die groep dames van Thabazimbi wat aan die Comrades Marathon deelgeneem het.