Community

Totsiens Dirk

THABAZIMBI – Die gemeenskap van Thabazimbi is verslae oor die afsterwe van die bekende besigheidseienaar, Dirk Engelbrecht (52), op Vrydag 24 Mei 2013.

Jacobus Frederik George Engelbrecht is op 25 Januarie 1961 te Krugersdorp gebore. Twee en twintig jaar gelede vestig hy en sy eggenote, Brenda saam met hul twee kinders, Nicolene en Wynand, hulle in Thabazimbi waar hulle die troeteldierwinkel by Absa open. Die besigheid het intussen verskuif na Warmbadweg en staan bekend as Bosveld Voëlparadys.

Dirk sal onthou word as ‘n goedhartige, saggeaarde man wat altyd behulpsaam was. Hy laat sy eggenote, twee kinders, twee kleinkinders en ‘n derde kleinkind wat nog oppad is, agter.

Dirk se begrafnisdiens vind plaas op Vrydag 31 Mei om 11:00 vanuit die NG Kerk.

Die gesin bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning en onderskraging in hierdie droewige tyd.

22-Dirk Engelbrecht

Dirk Engelbrecht, die bekende besigheidseienaar van Bosveld Voëlparadys, is op Vrydag 24 Mei oorlede.