10 oppad na Comrades

THABAZIMBI – Tien dames van Active Life Gym en Thaba Marathonklub durf eerskomende Sondag, 2 Junie, die Comrades marathon aan. Die atlete spring weg in Durban en hardloop die 86.96km na Pietermaritzburg.

Dit is die eerste keer in Thabazimbi se geskiedenis dat so baie dames aan dié marathon gaan deelneem. Slegs twee dames uit die groep het die marathon reeds in die verlede getrotseer. Zanie van Rensburg het reeds 12 keer vantevore die Comrades gehardloop terwyl dit Wilma Pienaar se derde Comrades is.

Die gemeenskap wens die dames alle voorspoed toe en glo dat hulle die wedloop sal voltooi. Die Comrades staan bekend as die “ultimate human race”. Ten perse gaan was daar reeds 18 000 inskrywings.

22-Comrades

Die 10 dames wat die Comrades op 2 Junie aanpak met hul nuwe klubhempies, agter vlnr: Lenette, Wilma, Marieta, Michelle, Cindy en Zanie. Voor: Marlyn, Anneke, Colette en Moksie.