General

Sondela Premier Uithourit

BELA BELA – Sondela Nature Reserve in Bela Bela is weereens die gasheer vir die jaarlikse Premier Uithouritte wat op 25 Mei plaasvind.  Meer as 200 ruiters van verskillende ouderdom- en gewigsgroepe  beoog om die uitmergelende 80km en 120km afstande aan te durf.   Die 80km uithourit is ook die kwalifiserende rit in Gauteng en Limpopo vir die Fauresmith 200km Uithourit in Julie.

Ruiters kan inskryf vir die 80km en 120km uithouritte  oor twee dae en dagbesoekers kan inskryf vir die 40km roete.  Alle roetes vind binne die grense van Sondela Natuurreservaat plaas. Deelnemers aan die 80km afstand moet 2 x 30km kringlope voltooi en sluit die rit af met ‘n finale 20km rondte.  Die welstand van die perde is van primêre belang, en alle perde sal deurlopend deur veeartse ondersoek word om te verseker dat perde nie ooreis word nie.

Slegs 100 stalle is beskikbaar. Akkommodasie en kampeerplekke teen afslagtariewe is beskikbaar by Sondela.

Danksy die ruim ondersteuning deur borge soos Sondela Nature Reserve, Catalina Stud,  HBA Aanvullings, Solo Saddlers, Nomad Groomers en Epol voere,  beloof die 2013 Premier Uithourit uitstaande kompetisie aan liefhebbers van hierdie sport.

Ruiters wat meer inligting verlang kan kontak maak met Susan Koekemoer by 083 271 4525 of za.koekemoer@gmail.co.za.  Verdere inligting is ook beskikbaar op die webblad www.sondela.com.