R20 000 vir STTU
Die STTU-eenheid (Specialised Tactical & Tracking Unit) het onlangs ‘n donasie van R20 000 by die Marakele Ere Veldwagters ontvang. Hulle beoog om die fondse aan te wend vir, onder andere, noodsaaklike lug-tot-grond kommunikasie-eenhede. Die groep bedank die Ere Veldwagters vir hierdie groot skenking om hul te help in hul stryd teen onder meer renosterstropery.