Sport

Limpopo B-span vir hokkiespeler

POLOKWANE – Carlé le Roux, ‘n Graad 6 leerder van Laerskool Thabazimbi, het op 10 en 11 Mei aan die finale provinsiale hokkieproewe vir o/12 dogters te Polokwane deelgeneem.

Carlé het haar uitstekend van haar taak gekwyt en is opgeneem in die Limpopo B-span. Sy het ‘n oefendag te Pietersburg op 17 Mei meegemaak.

21-Lskool TBZ hokkie

Carlé le Roux is in die Limpopo B hokkiespan opgeneem.