Community

Hier is ‘n kriek op die briek

Ons lesers skryf:

Jare gelede toe daar nog met speelklei in sub A gespeel was en ek op vyfjarige ouderdom skool toe is om die skool se leerlingtal bo 21 kinders te kry , anders moes die skool en kosbuis sluit.

Klas was verdeel in sub A, sub B en Std 1 in een klas. Ek was ook in die koshuis, maar daar was net een probleem, wanneer is dit Vrydag? Kon elke naweek huistoe gaan.

Gou het ek myself geleer dat ek vyf vingers het aan een hand en kon dus tyd hou met een vinger per dag en as ek by my duim kom, weet ek dit is Vrydag. Maar o wee, ek het so in die middel van die week vergeet by watter vinger ek laas was. Plan B om vyf strepies met ‘n klippie op die tennisbaan se kliptrappie te maak en na elke dag ‘n kruisie oor een strepie gemaak. Wella! Dit werk

Dit is nou vyf en vyftig jaar later en met tegnologie wat so vêr gevorger is, het ek uitgevind dat die waarde van, 0, blykbaar nog nie besef word deur politici en ekonome nie.

Elke dag word daar in koerante en op TV en ander media verkondig dat daar in SA soveel gespandeer word aan verskeie projekte en dat die regering soveel gespandeer het vir verbeteringe, maar het die waarde van ‘n, O, waaragtig vergeet. Miskien moet hulle ook strepies op klip trappies maak, maar nou ja waar gaan hulle genoeg trappe kry vir strepies of genoeg tyd om die strepie te trek. Amper vergeet ek, kan hulle so vêr tel, want die tyd gaan hulle dit nie toelaat nie.

Terwyl ek op ‘n dag vir ‘n onderhoud wag tel ek ‘n ou “Engineering News” op en blaai daardeur. Dit was gepubliseer 11-17 Maart 2011. My oog val op ‘n berig geskryf deur Dr Kelvin Kemm wat die “E-Toll: veroordeel as ‘n immorele las vir die Gauteng motoriste. Die implimenteringskoste alleen vir die “E-Toll” projek beloop R20 Biljoen voordat enige geldinvordering vanaf tolgeld gedoen is. Op die oog af lyk dit nie so erg te wees nie, totdat ek die bedrag probeer skryf het agter op ‘n winkelstrokie, wat in my sak was, maar dit was te klein. R20 000 000 000 000-00. Toe neem ek my sakrekenaar maar die antwoord wat ek kry is “ERROR”. Dit kan mos nie waar wees nie, dink ek. Toe sien ek die waarde van O. My sakrekenaar kan net 9 nulle vertoon. As ek 1000 000 x 1000 000 toevoer kry ek ‘n antwoord. Ja wraggies dit is 1×10¹² of een biljoen. Nou is dit makliker, want 20×10¹² of 2×10¹³

Speels begin ek somme maak en sê ‘n 4 baan hoofweg kos R20 miljoen per kilometer dan kan daar een miljoen kilometer se hoofwee in SA gebou word met die implementering koste van “E-Toll”.

Kom maak maar somme miskien sal party mense daar bo besef ‘n, O, het waarde en nie net praat en skryf oor miljoene, miljarde en biljoene nie. Weet hulle werklik hoeveel nulle elk bevat? Wat nog van triljoene!

Dit laat mens dink né

Terloops was ek onsuksesvol met my onderhoud, te oud 60 jaar. Ek haat nulle!