HFM se Blou Bulle
THABAZIMBI – Na afloop van die Limpopo Blou Bul Rugby Unie (BBRU) skole proewe, het ses van Hoërskool Frikkie Meyer se seuns gekwalifiseer vir die provinsiale spanne. Juan Evert en Hendrik Du Plessis is opgeneem in die O/18 spanne terwyl Pieter Ferreira en Berné Mitton vir die O/19 NWU-span sal uitdraf. Stefan Allan is in die O/16 Grant Khomo (O/16A-span) opgeneem en Benhard Janse van Rensburg verteenwoordig die provinsie as lid van die Akademieweekspan. Ter voorbereiding op die nasionale kompetisie in die Julie vakansie sal die BBRU spanne oefenwedstryde teen die Valke en die Pumas te Polokwane speel.
HFM wens die seuns geluk met die pragtige prestasie en spreek die hoop uit dat die seuns Thabazimbi se vlag hoog sal dra.
HFM se rugbyspelers wat na die BBRU skole proewe in die provinsiale spanne opgeneem is, voor vlnr: Stefan Allan, Benhard J Van Rensburg en Hendrik Du Plessis. Agter: Juan Evert, Pieter Ferreira en Berné Mitton.