Community

HFM bied SR dinee aan

THABAZIMBI- Die SR-lede van Hoërskool Frikkie Meyer het hierdie jaar weereens ‘n uithalerdinee voorgesit aan die res van die skool se leerlinge.

Die Graad 8’s tree elke jaar op as kelners en hierdie jaar was daar geen uitsondering nie.  Die tema van die jaar se dinee was “Charlie and the Chocolate Factory” en Tiaan Raubenheimer het homself voorgedoen as “Charlie”.

Met die aankoms van die leerders kon hulle ook die “red carpet” gevoel kry en lekkergoed kieriestokkies en suigstokkies het hulle begroet, wat die gevoel gegee het dat hulle nou Lekkergoedland betree. Met hulle binnekoms in die saal het elkeen ‘n skemerkelkie van sjokolade en room gekry, wat keurig bedien is. Elke meisie en seun het ongelooflik mooi gelyk en mens kon sien dat almal baie moeite met hulleself gedoen het. Die kos was voortreflik voorgesit, die musiek was fantasties, en die kinders het van vroeg af al die dansbaan betree. Gedurende die aand is daar pryse weggegee en vir elke tafel was daar ‘n “Wonka Golden Ticket” prys, dan was daar ‘n spot dans. Die seun met die beste uitrusting was Wian Koen en die meisies met die beste uitrustings was Petro-Mari Pieterse en Shani Chambers. Met groot opgewondenheid is die jaarlikse Mnr en Juf SR-dinee 2013 aangekondig. Mnr SR-dinee was Rudolph Human en Juf SR-dinee 2013 was Suné van Tonder. Die SR-lede en hulle ouers word bedank vir die harde werk om van hierdie aand so groot sukses te maak, asook die onderwysers wat aan die hoof en koördinering hiervan gestaan het.

21-HFM dinee Anmarie Boshoff en Jannie van Graan

Jannie van Graan en Anamarie Boshoff tydens die SR-dinee.