Groot skatte by TAR Charity Shop

THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue (TAR) se Charity Shop is oop op Woensdae en Vrydae om 10:00-12:00 en 16:00-17:30.

Hierdie oulike winkel, geleë in die agterste parkeerterrein van Thaba SuperSpar, bevat ‘n verskeidenheid items wat goedgunstiglik deur die publiek geskenk word om verkoop te word sodat die wins vir TAR behoeftighede aangewend kan word.

Die publiek is welkom om enige ongebruikte items op die gegewe tye by die winkel af te lewer of kontak vir Camla by 076 184 9298 sodat sy sal dit kom oplaai (slegs in Thabazimbi).

Die items op hul rakke sluit in: klere (volwasse-, kinder- en babaklere), skoene, décor, linne, gordyne, huis-en kombuisware, juwele, boeke en nog vele meer.

Hulle doen ‘n beroep op die gemeenskap om hierdie verdienstelike organisasie te ondersteun sodat hulle ‘n verskil kan maak in weggooidiere se lewe. Kom kyk gerus vir fantastiese winskopies. Vir enige inligting, kontak Camla by 076 184 9298.

20-TAR Charity shop

“TAR Charity Shop” is steeds oop vir besigheid.