Community

Eerste rondte vir Rapportryer Bybelvasvra

THABAZIMBI – Twee spanne van Laerskool Thabazimbi het aan die eerste rondte van die Rapportryer Bybelvasvra kompetisie deelgeneem.

Dit het plaasgevind op 17 Mei 2013 te Laerskool Thabazimbi. Die gemengde spanne het bestaan uit twee o/12’s en ses o/13 leerders. Hulle moes die volgende hoofstukke voorberei vir die kompetisie: Rut: 1 – 4, Daniël: 1 – 4 en Romeine: 1 – 8.

21-Lskool TBZ Rapportryer Bybelvasvra 1

Die leerders van L/S Thabazimbi wat aan die Rapportryer Bybelvasvra kompetisie deelgeneem het, vlnr: Laurinda Bredenkamp, Abbigail Horn, Juf Herma du Plessis (afrigter), Gerdie du Plessis en Chané Hudson.