Community

Brough tweeling vier 70ste

THABAZIMBI – Die tweeling sussies, Evelyn Smit en Joyce du Preez, het op 9 Mei hul 70ste verjaarsdag saam gevier.

Hulle is gebore te Glasgow, Skotland en saam met hul ouers, Jock en Cissie, na Thabazimbi geëmigreer toe hulle maar ‘n skamele vyf jaar oud was in 1948.

Die tweeling kon dus sien hoe die dorp ontwikkel het oor die jare. Evelyn Brough, nou Smit, is met Willa Smit reeds vir 48 jaar getroud vanaf 6 November 1965. Joyce Brough, nou du Preez, is op 5 November 1966 met Johan Du Preez in die huwelik bevestig. Johan is in Junie 1996 oorlede.

Die tweeling wil graag weet of hulle die oudste tweeling in Thaba is en vra dus dat tweelinge hulle moet kontak via e-pos by vera.lee@angloamerican.com.

21-Tweeling

Die tweelingsussies, (links) Evelyn en (regs) Joyce, het vanjaar hul 70ste verjaarsdag saam gevier.