Boskabouters besoek Thaba SuperSpar bakkery

THABAZIMBI – Die kleuters van Boskabouter Dagsorg het op 7 Mei ‘n besoek afgelê by SuperSpar se bakkery-afdeling, sodat hulle eerstehands kon sien hoe daar gebak en gebrou word.

Tannie Annette Botha het hulle gewys hoe daar brood, broodrolletjies en koek gebak word. Die opgewondenheid was egter groter om die eindresultaat te sien en te proe. Hannes Coetzee, eienaar van die winkel, het die jongspan vergesel tydens hul staptoer deur die winkel. Die slaghuis het in elke kabouter se gewillige handjie gekerfde biltong geplaas en het al kouende hul toer by die stoor afgesluit. Adele Lombard, eienaar van Boskabouter Dagsorg, wil graag die vriendelike en behulpsame personeel en bestuur bedank vir ‘n wonderlike ervaring.

20-boskabouters 1

Kleuters van Boskabouter Dagsorg saam met Adele Lombard en personeel van die bakkery, het ‘n staptoer deur SuperSpar meegemaak.