WES bederf Mammas

THABAZIMBI – WESenterprises het weer die moeders van die gemeenskap, wat op Vrydag en Saterdag ‘n draai by die verkope-afdeling gemaak het, bederf.

Elke moeder of ouma wat by die venster gestop het, het ‘n angelier ontvang, met die komplimente van WESenterprises. Hul spesiale boodskap aan die mammas van die gemeenskap: “Want net ‘n Ma sal verstaan, van die seer en blydskap van elke traan.  Haar kinders is haar trots en vir ons is Ma ons rots. Die sagte hart van Ma is wat my deur elke dag dra.”

20-WES

Elize Gildenhuys van WESenterprises gee ‘n pragtige angelier, ter viering van Moedersdag, aan mev Robbertse.