Totsiens Oom Piet

THABAZIMBI – Petrus Elias Wiese (67), oftewel Piet soos almal hom geken het, is op Sondag 5 Mei 2013 oorlede.

Piet, ‘n boorling van die Noord-Kaap, is op 6 November 1945 gebore. Hy matrikuleer te Hoërskool Warrenton, waarna hy by die weermag te Zeerust vir diensplig aanmeld. Hy jaag sy passie vir geologie na en verwerf sy B.Sc Graad: Geologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Op 7 Februarie 1970 tree hy met Martie Jacobs in die huwelik. Uit die huwelik is drie seuns, Pieter, Jaco en Johan gebore asook drie kleinkinders waarvoor hy net so lief was. Sy werksloopbaan het by Okiep Copper Company in Nababeep begin waarna hy ook etlike jare te werksaam was. In Mei 1975 begin hy by Yskor te Kathu en verhuis in Desember 1987 na Thabazimbi waar hy werksaam was by Yskor, Kumba en tot met sy afsterwe, by Kumba se Phoenix projek. Hy sal onthou word as ‘n standvastige man, pa en oupa, asook ‘n steunpilaar vir sy seuns. Piet was ‘n storieverteller van formaat met ‘n groot liefde vir blokkiesraaisels. Sy ter aardebestelling was op Vrydag 10 Mei vanuit die AP Kerk Thabazimbi. Die gemeenskap betreur sy heengaan. Sy familie bedank graag Dr Buys vir sy bystand, veral op Sondag 5 Mei, ook die gemeenskap vir hul ondersteuning, foonoproepe, besoeke, kaartjies en verversings.

20-Piet oorlede 2

Piet Wiese (67), ‘n geliefde inwoner van Thabazimbi, is op Sondag 5 Mei aan ‘n hartaanval oorlede.