Northam VLU besoek kongres

NORTHAM – Die dames van Northam VLU het die 18de kongres te Weesgerus in Modimolle op die 7 en 8 Mei 2013 bygewoon.

Volgens die dames was dit ‘n inspirerende en interessante geleentheid. Die bekende sanger, Jak de Priester, het die dames heerlik vermaak op 7 Mei. “Jak is ‘n baie aangename persoon om mee te gesels en sy liedjies het ook elkeen hulle eie storie.” Het hulle van hierdie talentvolle sanger gesê.

Annetjie Dreyer was die gelukkige wenner van die Bernina naaldwerkmasjien. Vir enige verdere navrae kontak Marinda Gagiano 083 785 2274 of Maritza Hasebroek 072 240 9165.

20-VLU

Die VLU Northam dames tydens die 18de kongres te Weesgerus. Saam met hulle op die foto is die bekende sanger, Jak de Priester, wat hulle op 7 Mei vermaak het.