Oud geliefde oorlede
THABAZIMBI – Andries Jonathan (Johnnie) de Clerk is op 24 Februarie 1942 in Kimberley gebore as die oudste van vier kinders.
Hy matrikuleer aan Diamantveld H/S, Kimberley en gaan daarna vir Landbou aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy werk daarna vir ± 2 jaar op Koopmansfontein proefplaas (Noord-Kaap), waarna hy na Bloemfontein verhuis en buitemuurs begin aan sy BA-studies.
Hier ontmoet hy vir Magda Coreejes, ‘n maatskaplike werk-student en in 1968 is hulle getroud toe hy aan die teologiese kweekskool van die NG Kerk aan die Universiteit van Pretoria begin studeer.
Hy werk deeltyds by HF Verwoerd Hospitaal as opnameklerk, totdat hy aan die einde van 1971 afstudeer en beroep word na Hartebeeshoek NG Gemeente (tussen Pretoria-Noord en Brits)
Tydens die ±4 jaar by hierdie gemeente was hy baie betrokke by die Jeug-tot-Jeug aksie van die Kerk. Hierna word hy na Waterkloof Gemeente beroep waar hy ±4 jaar bly.
Intussen is vier kinders gebore, Carine (nou Bezuidenhout), Elbé (nou Lynn), André en Anton.
Hy word hierna beroep na Thabazimbi Gemeente waar hy vir ±9 jaar werksaam was. Hy tree op ‘n vroeër ouderdom af en begin ‘n melkery, met André se inisiatief, waar hy sy produkte soos melk, kaas, jogurt en ook bokmelk verkoop het.
Twee jaar gelede is Johnnie met kolonkanker gediagnoseer, wat geopereer en behandel is. Aanvanklik het dit voorgekom asof hy genees het, totdat die kanker na ±1 jaar weer hervat het. Van daar het die siekte toegeneem, totdat hy in die vroeë oggendure van 4 Mei om 11:00 in die NG Kerk, Thabazimbi.
Magda en die hele familie wil baie dankie sê aan almal wat op een of ander manier betrokke was by ons en dan veral gedurende Johnnie se siekte.