Herwin!
Suid-Afrikaners moet besef dat ons ‘n verbruikersgemeenskap is waar alle oorskiet baie maklik hul pad na die ashoop vind. Herwinning kan ‘n groot rol speel om die las op die natuurlike hulpbronne te verlig. Ongelukkig is die meeste Suid-Afrikaners glad nie hierop ingestel nie. Die gevolg is dat baie herwinbare materiaal soos afvalpapier, bottels, blikkies en plastiek hul weg saam met die organiese afval na die vullisterrein vind. Dit is juis om hierdie rede dat Kwêvoël RECLAM ingeroep het vir die verwydering van die afvalpapier wat oor etlike jare op die perseel opgebou het. Nie net het hulle die papier verwyder nie maar ook die drukplate wat steeds as afval iets werd is. Kwêvoël word reeds geruime tyd op “Woodfree” papier gedruk waarvan die meeste van die grondstowwe uit herwinde papier verkry word.