Avontuurkamp weereens ‘n hoogtepunt
KOEDOESKOP – Neos Christelike Skool se jaarlikse Avontuurkamp is een van die hoogtepunte op die jaarkalender.
Hierdie jaar se Avontuur Kamp het uitgeblink bo die ander met ‘n opwindende kaskar wedren waarvan die verskeie spanne hulle eie kaskarre moes bou en hulle eie inisiatief moes gebruik met die ontwerp daarvan. Elke span het van voorskool tot hoërskool leerlinge in hulle spanne gehad.
Toutrek op ‘n gladde seil was een van die aktiwiteite asook ‘n stadige aksie kampvuur konsert van Bybelstories en ‘n “fear factor” kompetisie.
Saterdagoggend het elke span ‘n verrassingspakkie met verskeie bestanddele ontvang en moes ontbyt voorberei in die veld met behulp van vuur. Daarna het die beroemde kaskar wedren plaasgevind asook ‘n uitdagende hindernis baan met vele uitdagings om elke hoek en draai.
Die stryd tussen die spanne is in die modderdam voortgesit en niemand het van die modder gespattery ontsnap nie. Daar is selfs in die dam tou getrek en moes kampgangers ook nog luiperdkruip deur die modder.
Die wenspanne is bepaal deur punte wat elke span opgebou het deur die loop van twee weke toe die leerders begin geesvang vir die Avontuur Kamp.
Die Hoërskool leerders is bederf met ‘n sokkie Saterdagaand na ‘n bedrywige week van voorbereiding vir die Avontuur Kamp.
Luiperd bekruip deur die modder tydens die Avontuurkamp wat Neos Christelike skool aangebied het.