Sport

Hardekool Boogklub presteer by SABA

THABAZIMBI – ‘n Lid van die Hardekool Boogklub, Anthony Opperman het op Saterdag 4 Mei aan die Suid-Afrikaanse Boog Jagters Vereniging se maandelikse kompetisie te Oosrand Boogklub Kemptonpark deelgeneem.

Alhoewel koel en winderige weersomstandighede hom begroet het, het dit hom egter nie verhinder om ‘n goeie telling op die dag te skiet nie.

Daar was ‘n totaal van twintig tegniese teikens in die veld en elke teiken is op verskillende afstande geplaas. Heelwat hindernisse moes oorkom word om ‘n goeie skoot te plaas. ‘n Trotse Anthony stap weg met ‘n brons medalje.

Hardekool Boogklub kom elke Donderdag aand vanaf 17:00 bymekaar by die lapa op Obaro se perseel vir ‘n aand van lekker boogskiet. Persone van enige ouderdom is welkom. Vir meer inligting kontak Henk by 0837073691 of Petro by 0828049927.

19-Thaba Boogklub

Anthony Opperman van Thabazimbi Hardekool Boogklub het ‘n brons medalje by die SA Boog Jagters Vereniging se maandelikse kompetisie verwerf.