Thaba in donkerte gehul

THABAZIMBI – ‘n Brand by ‘n kragsubstasie en kragonderbrekings by verskeie transformators het die afgelope week veroorsaak dat die inwoners van Thabazimbi en Regorogile vir ‘n geruime tyd sonder krag gelaat is.

Verouderde kraglyne en gebrekkige instandhouding weens onvoldoende munisipale befondsing kry weereens die blaam vir die urelange kragonderbrekings.

Ten tye van pers, kon die relevante munisipale afdeling nie daarin slaag om op Kwêvoel se navrae te reageer nie.

Die gemeenskap word daarop gewys dat die persone wat betrokke is by die instandhouding en herstel van elektrisiteit, nie in Thabazimbi-dorp woonagtig is nie en dus nie altyd bewus is van kragonderbrekings nie, alle kragonderbrekings, straatligte wat aan is deur die dag en ook nie in werking is nie, moet dus by die noodnommer, 083 703 2804, gerapporteer word.