Community

Plaaslike model skitter op loopplank

JOHANNESBURG – ‘n Plaaslike skoonheid, Carla Viljoen, het by die pas afgelope South African Fashion Week (SAFW) die kollig gesteel nadat sy verkies is as een van die loopplankmodelle om die room van Suid-Afrikaanse ontwerpers se kreatiewe meesterstukke aan die wêreld bekend te stel.

Die ontwerpers wat twee-jaarliks deelneem aan SAFW sluit bekende name in soos: Gert Johan Coetzee, Vesselina Pentcheva, Clive Rundle, Palse Homme en nog vele meer. Hulle het vanaf 11 April hul Lente/Somerreekse vir 2013 by die Rosebank Crowne Plaza ten toon gestel.

Carla, het in 2012 te Frikkie Meyer gematrikuleer. Haar onlangse skoonheidstitels sluit onder andere in: Mej Limpopo Tiener en Mej Thabazimbi in 2011. Tydens haar matriekjaar het sy in Oktober voor die internasionale talentsoeker Kim Myers opgetree en duidelik beïndruk. So is sy dan ook genooi om in Junie, na die VSA te reis waar sy blootstelling aan topagente van regoor die wêreld sal geniet. Sy is tans ‘n deeltydse model en student en is besig om haar graad in BA Kommunikasiewetenskap te voltooi.

Die gemeenskap is trots op hierdie jong skoonheid en wens Carla alle sukses toe met haar reis na die VSA.

17-Carla 2

Carla Viljoen saam met bekende en geliefde ontwerper, Gert Johan Coetzee, wie se nuwe reeks sy tydens SAFW bekend gestel het.