Kleuters besoek SAVF

THABAZIMBI – Die jongspan van Boskabouter Kleuterskool het op 30 April besoek afgelê by die SAVF-kantore.

‘n Lewensnoodsaaklike karaktereienskap, wat reeds van ‘n vroeë ouderdom gekweek kan word, is deernis vir mekaar. Dit is juis wat die besoek aan die SAVF kantore vir die klein grootogies geleer het, nadat tannie Linda Grobler, senior maatskaplike werker, aan hulle verduidelik het watter taak die SAVF daagliks moet verrig. Tannie Rachel Rossouw, maatskaplike hulpwerker, het aan hulle die kantoor gewys, asook die voedsel- en klerebank.

Die kleuters het elkeen ‘n geldjie geskenk om voedsel vir minderbevoorregtes te koop, sowel as nie-bederfbare voedselitems wat die SAVF-span in hul koskas gebêre het.

18-savf 1

Die kleuters van Boskabouters by die SAVF koskas.