Sport

Thabazimbi Skop Boks Klub

THABAZIMBI – Twee van Shihan Peet van Breda se studente het tydens die afgelope Kanada teen Suid-Afrika internasionale byeenkoms in Johannesburg uitstekend presteer.

Hulle het hulself ook onderskei deur die beste vertonings van die dag te lewer deur hul onderskeie gewigsafdelings oortuigend en met uitsonderlike tegniek te wen.

Hulle fiksheid was ook duidelik onder albei spanne en altwee het toeskouers se bewondering geniet. Rohan Erasmus het reeds op sy jong ouderdom twee internasionale byeenkomste agter die blad waarvan een die Wêreld Kampioenskappe in Wene was. Francois Buys is reeds van vyfjarige ouderdom betrokke met vyf internasionale deelnames onder andere in Rusland, Griekeland, Wene en Italië.

Albei skopboksers het hul ouers se toegewyde ondersteuning en pluk ook die vrugte van getroue klasbywoning, self dissipline en harde werk. Shihan Peet van Breda het ook sy gelukwensing teenoor die skopboksers uitgespreek met hul uitsonderlike prestasie en die voorbeeld wat hulle aan ander sportmanne en -vroue stel deur altyd fiks en gemotiveerd te wees.

16-Skopboks

Die twee skopboksers van XKT Skopboksklub wat uitstekend presteer het tydens ‘n internasionale byeenkoms, op die foto saam met hulle is Shihan Peet van Breda (middel), Rohan Erasmus (links) en Francois Buys (regs).