Business

Talle toekennings vir Sanlam adviseurs

Promosie Artikel

THABAZIMBI – Twee plaaslike finansiële adviseurs is gedurende hul loopbaan alreeds met top toekennings bekroon en streef steeds daarna om die gemeenskap met hul kundigheid te bedien.

Fanie Venter en Elsa Dippenaar is onderskeidelik vanaf Februarie 1996 en Julie 1997 finansiële adviseurs by Sanlam Thabazimbi.

Fanie het reeds alle kwalifiserende eksamens en kursusse sedert sy aanstelling by Sanlam suksesvol afgelê en op haar beurt het Elsa al verskeie interne kwaliteitstoekennings van Sanlam ontvang.

Fanie het vanaf 1996 reeds vier International Quality Awards verower, terwyl Elsa onlangs haar tweede IQA ontvang het. Hierdie internasionale toekenning word deur ‘n onafhanklike internasionale organisasie toegeken aan finansiële adviseurs, vir professionele en kwaliteit lewensversekering.

In 2002 word Fanie as Groeier van die Jaar in die Waterbergstreek aangewys. Sy eerste Arend-toekenning van die Ysterorde word in 2003 aan hom oorhandig en in 2004 het hy ‘n spesiale bestuurstoekenning ontvang as Besigheidsontwikkelaar in Thabazimbi. In 2007 word hy aangewys as die Algemene Beleggingskampioen in Waterberg. Fanie kwalifiseer in 2010 weer vir ‘n Arend-toekenning by die Bronsorde.

Sedert 2011 het Fanie ook die status bereik van Beleggingspesialis by Sanlam en kan hy alle beskikbare beleggings doen, binne die Sanlam stal. As Senior Finansiële Beplanner is hy ook gemagtig om die professionele mark te kan bedien en tree as ‘n Cobalt adviseur op, hy lewer ook professionele diens aan die sakemark en sy passie is aftreebeplanning en aftredebeleggings. Fanie doen ook persoonlike inkomstebelasting vir sy kliënte en hy gaan binnekort ‘n Santam agentskap binne die Sanlam kantoor beman.

Hierdie toekennings is ‘n aanduiding van die kwaliteit van professionele, betroubare  en gepaste advies en bekwame nasorgdiens wat Fanie aan sy kliënte verskaf.

Elsa het sedert haar aanstelling verskeie produksietoekennings van Sanlam ontvang. Sy is al vier keer aangewys as een van die “Top 10 Streekkampioene ”, twee keer as die “Top 5 Streekkampioen” en twee maal as die Streekkampioen.  Elsa is geakkrediteer om die publiek te bedien met holistiese finansiële beplanning.