L/S Koedoeskop deur na Areaproewe
THABAZIMBI – Laerskool Koedoeskop se o/12 en o/13, seuns en dogters het die afgelope week aan rugby- en netbalproewe te Laerskool Thabazimbi deel geneem.
Die dogters se netbalproewe was Donderdag, 11 April. Die Areaproewe vir die dogters wat deurgedring het vind op Donderdag 17 April te Laerskool Warmbad plaas terwyl die rugbyproewe op Maandag 22 April te Laerskool Thabazimbi plaasvind.
Die volgende dogters het deur gedring na Areaproewe, vlnr agter: Michelle Simpson (o/13), Charné Ras (o/12)en Coreen Robberts (o/12). Vlnr voor: Hanré Odendaal (o/13) Shalyn van der Westhuizen (o/13) en Linmarie Ras (o/13).