Community

KunsteGrot se verhoog en teater in wording

THABAZIMBI – Die omgewing se teatergangers het seker al gewonder of die KunsteGrot met al sy bedrywighede in die niet verdwyn het.  Gelukkig kan die amptelike aankondig gedoen word dat daar ‘n nuwe Super KunsteGrot, soos die legendaries Phoenix, uit die as verrys het.

Na maande se gesukkel en danksy wonderlike mense in die gemeenskap kon daar begin word met dié nuwe uitdaging.  Skrif is aan die muur dat dit dié Kultuurbaken van Thabazimbi gaan word.

Aangesien dit ‘n gemeenskapsprojek is, word alle belangstellendes genooi om Rita van die KunsteGrot asseblief  onverwyld te kontak. Heelwat ondersteuning en hulp is broodnodig voor die groot opening op Saterdag 25 Mei plaasvind met ‘n duddel-door vertoning van Ses Snare & Mathys Roets. Natuurlik is dit ook ‘n “sop-en-sjerrie”aand vir die vroeë winter koue.

Kaartjies sal slegs R140 per persoon beloop en dit beloof ‘n onvergeetlike aand te wees.

Kaartjies is reeds beskikbaar en besprekings  kan gedoen word by Rita 083 7448559  / rivol@telkomsa.net.  Internet-inbetalings kan by Standardbank, Thabazimbi:  Spaarrekening:  KunsteGrot, Rekeningnommer 347247032 gedoen word. Sit net die verwysing: 25 Mei (naam en van) by en stuur die bewys van betaling aan Rita by rivol@telkomsa.net.