Community

HFM toerisme toer besoek Oos-Kaap

THABAZIMBI – HFM se Toerisme-leerlinge het tesame met Me De Witt en Swart met die Shosaloza Meyl na die Oos-Kaap op 24-Maart vertrek.

Die toer het die leerlinge geleentheid gebied om SA se mooie landskap, veral in die Ooste van die land, in te neem.

Hulle het ‘n draai by die Stormsrivier Conopy tours gemaak, vandaar het hulle by Monkeyland baie geleer oor die doen en late van bobbejane en tydens die besoek aan Birds of Eden gesien hoe voëls eet en broei.

Die groep het ook in die Knysnabos gaan stap met die bekende Knysna olifante en ‘n onvergeetlike bootrit op die Knysnameer meegemaak.

Die groot oomblik was toe die leerlinge in die van Zylsaal van die Kangogrotte die skoollied gesing het – dit was ook die aanduiding dat die toer na ‘n einde se kant toe staan.

Volgens die leerkragte wat hul vergesel het, was die leerlinge baie goeie ambassadeurs vir die skool, hulle was ook bevoorreg om ‘n onderhoud met die Wilderness News te voer.

Op Maandag, 1 April, was die baie moeë maar en uitgeputte leerlinge veilig terug op Parkstasie in Johannesburg.

15-HFM toerisme toer

Die groep leerlinge tesame met die Juffrouens wat hulle vergesel het op die toer na die Oos-Kaap. Hier staan die groep in die Kangogrotte.