Flink SAPD: Dwaalboom

Ons lesers skryf:

Ek wil graag ‘n pluimpie gee aan die SAPD van Dwaalboom vir hul flinke en deeglike optrede om ‘n huisbraak saak op te los.

Daar is op 5 Augustus 2012 in ons plaashuis op die plaas België ingebreek en talle artikels gesteel nadat heelwat skade aan deure aangerig is.

Die ondersoekspan en forensiese spanne was spoedig op die misdaad toneel en die speurwerk is knap gedoen. Binne twee weke is die  gesteelde goed teruggevind en die skuldige agter tralies. Op 4-5 Februarie 2013 is die hofsaak afgehandel en is die skuldige gevangenisstraf opgelê.

Ek dink dit was goeie speurwerk en ek wil speurders-sersante Filemon Mane en Gerhard de Jager baie bedank en gelukwens. Dit gee vertroue as sulke diens gelewer word.

Voorspoed SAPD, doen so voort

Nico Engelbrecht